Gisteraand het ons heerlik saam met ons borge gekuier en die geleentheid gehad om vir hulle persoonlik dankie te sĂȘ.
Aan elke borg wat deur die jaar vir Laerskool Vryburg ondersteun het, baie dankie dat julle in ons skool en ons leerders glo. Julle help ons om vir ons kinders meer geleenthede te skep om te leer, te groei en hul talente te ontdek. Ons waardeer julle opreg!
ghjg
<i.postimg.cc/pT3wRwgx/email-signature.png>
Baie dankie aan Tokkie Ferreira van TFM Makelaars vir die borg van ons o/11 netbalspan se rugsakke!
Die meisies lyk spoggerig en ons waardeer die belegging opreg.
Ons is ook baie trots op hierdie o/11A-span wat nog onoorwonne in hulle liga is! Hou so aan, meisies!
------
A big thank you to Tokkie Ferreira from TFM Makelaars for sponsoring our u/11 netball team's backpacks!
The girls look amazing and we truly appreciate the investment.
We are also very proud of this unbeaten u/11A team! Keep it up, girls!
Baie geluk aan ons rugby- en netbalspanne wat gister in Hartswater deelgeneem het! Julle harde werk, spanbou en sportmangees maak ons trots. Dankie aan elke speler, afrigter en ondersteuner wat die dag spesiaal gemaak het.
Gelukkige Verjaardag, Mnr. Schutte!
Baie dankie vir u harde werk, leiding en omgee vir elke leerder en personeellid by Laerskool Vryburg Primary.
Mag hierdie nuwe lewensjaar gevul wees met vreugde, goeie gesondheid en groot seëninge. Ons waardeer alles wat u vir ons skool doen!
Geniet u spesiale dag!
www.facebook.com/share/r/1aMDjwx2E8/